Wie is jy?

Dit is die vraag in die fliek Overcomer. Wie is jy? ‘n Relevante vraag wat op almal van ons van toepassing is.

Hy probeer dit antwoord: “Ek is ‘n sportafrigter… geskiedenis onderwyser, ‘n pa, ‘n eggenoot.” En wat as jy dit verloor, is die teenvraag. Wie is jy dan?

Lockdown is amper soos aftrede. Jou identiteit verander. Die eens beroeps persoon word ‘n gewone mens. Gewone werksure verdwyn. Kantoor uniform word vervang deur huisklere. Die gewone take in die huis word jou taak. Die dae raak dieselfde. Wie is jy en waarin vind jy jou identiteit?

Ek kry my antwoord in Efesiers: “I am a child of God…”

Bo my beroep, bo my status as mamma of eggenote. Daarin le my identiteit en die wegspring van die wedloop wat ek op die oomblik moet hardloop. Of dit by die huis is of by my werk, waar ek uitreik of ‘n verskil probeer maak. Ek is ‘n kind van God….dis wat ek word wanneer ek glo…ongeag.

Op dieselfde dag hoor ek 3x die vers uit Petrus 1:7: ” Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan.” Dit plaas dinge in perspektief. Baie dinge gaan verlore, verander of stop. Ons identiteit in Christus bly dieselfde. Ons geloof baie meer werd as goud.

Hoe hanteer ek die realiteit rondom my? Mense wat in kosrye staan, inkomste wat daal. Te midde van corona vrese word ‘n pasient van my gister gediagnoseer met HIV. Sy aanvaar die nuus met ‘n strak gesig. Met min emosie neem sy die brief wat haar kliniek toe verwys. Dis nie meer ‘n doodsvonnis nie maar dis verseker ‘n nuwe berg wat sy moet uitklim. Haar Corona het ‘n ander naam. Dit bring my ook tot stilstand. Sy het ‘n keuse om medikasie te neem of nie. Ons het ‘n keuse om te bly glo te midde van omstandighede wat verander.

Geloof in God is wat ons dra, wat ons krag gee en help om elke dag aan te pak. Dalk is die lessie uit Covid-19 dat ons identiteit in die binnekamer begin. Wie ons is moenie afhang van wat ek doen, waar ek bly of hoeveel ek het nie maar wie ek is in Christus.

“I’m no longer a slave of fear, I am a child of God….”

Dis wie ek is.

Elkeen wil getel word.

Stuur vir my 'n boodskap

Nog stories

Alle stories