Foto: Ansa in die natuur

Die pad hierheen

Foto: Portret van Ansa

Ek is Ansa - dokter, ma van vier, en die skrywer agter Klippies van Hoop.

Ek hou daarvan om die mooi in die lewe te soek. Ek vind my inspirasie op die drafpad, in my stiltetyd, by my kinders en die gewone man op straat. Ons is hier om 'n verskil te maak.

Foto: Kleinmond, die see

"It's not what you look at that matters, it's what you see."

Foto: Die boekvoorblad

Hy het 'n prentjie van 'n hoop klippies gestuur. Dit was mooi maar nie heeltemal wat ek ingedagte gehad het nie. Wat is die belangrikste tema wat ek wou wys, was die vraag: Die klippies of die rimpels? Dit was 'n goeie vraag. Die klippies was nodig vir die rimpels…maar dit was die trefkrag van die rimpels wat verras het. Wie die klip gegooi het, was irrelevant, hoe groot of glad die klippie, ook nie van belang nie.

Die rimpels het wyd gekring en plekke bereik wat die klipgooier nie eers kon sien nie.

Daarom het ek die rimpels gekies vir die voorblad van my nuwe boek.

Ek hou dus aan skryf. Nie oor haar woorde nie maar oor Hom. Altyd in Alles my Allerbeste vir die Allerhoogste.