Paasfees tydens Covid-19

Die paaie was stil. Vreemde rye by die winkels. ” Hand sanitizers” by die deure. Elke nuusberig, koerant voorblad en gesprekke begin met Covid…Soveel gevalle, soveel sterftes. Die groot vraag waaroor almal wonder is of die lockdown gaan voortduur en tot wanneer? Wat weeg die swaarste? Die risiko of die ekonomie? Baie mense is honger en angstig. Ander is gefrustreerd. As jy gelukkig is met n tuin kan jy met moeite op en af hardloop vir n kilometer of 2. Klasgroepies gons van mammas wat desperaat werk probeer uitsnuffel. Soveel onsekerhede. Soveel vrae…

Die kalender vertel n ander storie. Paasfees. Geen uitstel of afstel. ” Dit is volbring” is die woorde aan die kruis. Een sekerheid te midde van wereld chaos. N Gebeurtenis van lank gelede wat vandag nog redding bring. N rots in die pad. Nie afhanklik van n kerkdiens of n gebou nie. Goeie Vrydag. Opstanding Sondag. Tyd om te stop. Diep asem te haal en jou kop te draai. Na n ander rigting as Covid….dalk in die rigting van die kruis.

Jesus het nie gekom om die wereld te veroordeel nie, maar om dit te red. Hy is die noodwerker wat Sy lewe waag in moeilike omstandighede. Uit liefde. Wat nie probeer om mense te beindruk nie maar opstaan vir reg en verkeerd. Wat aan die een kant n leermeester is maar ook sy dissipels se voete was. Wat mense raaksien wat verstote is, aan melaatses vat en by n tollenaar gaan eet. Wat die wereld onderstebo keer met Sy manier van dink en doen,

Met covid-19 aan die stuur van 2020 is dit Paasfees wat ons anders laat kyk. Wat ons help om moed te skep, met ander oe die wereld raak te sien. Ons kry opnuut die opdrag om Jesus se lig te wees in n wereld wat dalk nou donkerder as ooit is. Dis nie ons taak om die wereld te veroordeel nie maar dis ons opdrag om mekaar lief te he. Ons hoef nie alles te weet nie. Met of sonder maskers kan ons oor een ding seker wees. Jesus het die wereld reeds oorwin en geen dood of lewe of enige iets anders kan ons van die liefde van Jesus skei nie….

“Hand sanitizer” en rye vir kos, nuusberigte en statistieke, gonsgroepies en home-school gesprekke. Dalk die nuwe normaal? Paasfees 2020 nooi jou uit; was jou hande en wees deel van die oplossing maar meer as dit: soek Jesus en draai jou kop na die kruis. ” My vrede gee ek julle….”

Elkeen wil getel word.

Stuur vir my 'n boodskap

Nog stories

Tyd

Alle stories