Watter kant toe kyk jy

Hoe sou hul tog kon raai dat die storm daardie dag so erg sou wees? Hoe sou ons kon raai dat 2020 in sulke vreemde waters sou beweeg? Ons het geweet dat dit ekonomies en polities n moeilike jaar sou wees maar nie dat n virus die wereld so sou oorneem nie.

Jesus slaap. Die dissipels raak paniekerig. Uiteindelik maak hulle hom wakker. Dis amper asof Jesus verbaas is. Waarom die ongeloof? Is dit nie genoeg dat Hy saam met hul in die boot is nie?

Ek word in die nag wakker terwyl my bors benoud voel. Wat as ek ook die virus onder lede het? Ek kry my antwoord in die middernagtelike uur. Gaan jy die storm raak sien of jou oog op Jesus hou? Dis die verskil. Ek raak rustig…

Ons het nie altyd beheer oor die storms rondom ons nie maar ons het n keuse om na Jesus te draai. In afhanklikheid. Ons word in hierdie tyd gedwing om tot stilstand te kom. Use it or loose it…..

Die fliek “Life is beautiful” inspireer my opnuut. Op n manier is ons kinders saam met ons in hierdie oorlog maar dis ons verantwoordelikheid om dit vir hul mooi te hou. Wat n voorreg as ons n huis het en saam dinge kan doen. Wat n geleentheid te midde van ons chroniese gejaag…

Paastyd. Tyd om stil te word. Tyd om na binne te draai. Om weg te kyk van die storm daarbuite en Jesus In die boot raak te sien. By ons. Ook hier in 2020. Te midde van Covid-19.

Elkeen wil getel word.

Stuur vir my 'n boodskap