Tyd

Blou lug in China, dolfyne in Venesie, ‘n moeder eend met haar kinders op ‘n stil lughawe. 2020. Voorwaar ‘n vreemde jaar.

Dis amper paasfees. Die kerk se hoogtepunt. Skielik geen kerkdienste.

Oumense word veilig gehou agter mure. Geen besoekers. Geen kontak.

Die mens met al sy wetenskap is skielik klein. Ons het geen keuse om te stop nie al hou die horlosie aan loop.

Ek lees hoe Jesus tydens paasfees die tempel besoek en almal uitjaag, ook die skape en beeste. ” Moenie die huis van my Vader n besigheidsplek maak nie.” Ek wonder oor daardie deel. Mis ons nie ook soms die groot doel wanneer ons met soveel moeite bou en breek, soms so hard werk om alles vlot te laat loop, almal tevrede probeer hou en die liedjies perfek probeer sing nie? Klankmanne is natgesweet na ‘n diens, tannies skarrel agter teekoppies en ‘n dominee gaan moeg huis toe. Dalk moet almal hierdie paasfees soos Maria by Jesus se voete gaan sit. Net sit…

Die woorde van die lied: When the music fade , val my by…

: When the music fades and all is stripped away. And I simply come, longing just to bring something that’s of worth that will bless your heart. I’ll bring you more than a song, for a song in itself is not what you have requiered. You search much deeper within through the way things appear. You’ re looking into my heart.

Dalk word ons gestroop van alle tierlantyntjies, van alles wat ons so konstant besig hou. Is daar weer tyd vir huisgodsdiens. Kan ons ontdek dat gelowiges saam kan bid al is dit nie onder dieselfde dak nie.

Die wereld kom tot stilstand maar gelukkig nie ons God nie. Die son kom op en gaan weer onder. Te midde van chaos is daar steeds orde. Voeltjies sing, swane en dolfyne bring lewe.

Die Israeliete beland ook in ‘n woestyn. God sorg op Sy manier. Kwartels en manna. Op die bruilof verander Jesus die water in wyn.

Dalk was hierdie paasfees bedoel om stil te wees. Nie by 2 Oceans of selfs in die kerk nie maar net onder die kruis. In afhanklikheid.

“Want so lief het God die wereld gehad dat Hy Sy enigste Seun gestuur het…. Die boodskap van paasfees.

Die woorde was lanklaas so kragtig.

Elkeen wil getel word.

Stuur vir my 'n boodskap

Nog stories

Alle stories