Vind weer vreugde

Ek het besluit om die vroeë kerkdiens by te woon. Voor die familiefees. Na ‘n bedrywige week was dit nodig om stil te word. Die derde adventskers is aangesteek. Vreugde was die tema. Die onbekende orrelis het haar plek ingeneem. O die goeie tyding, o die blye tyding het die bekende lied weerklink. My hart wou sing van blydskap. Om my het mense hul monde oop en toegemaak. Min vreugde in hul gesigte. Blye hemelkore, het die lied voortgesing. Vir ‘n oomblik het ek gewens dat Engelekore kan kom en wys hoe dit gedoen moet word. Waar is die vreugde waarvan ons sing? Wat het gemaak dat mense hul ‘joy’ verloor het?

By die familiefees het oud en jonk opgedaag. Daar was groot vreugde om mekaar te sien. Oor en weer geselsies. Drade optel. Saam kuier, saam lag. Hoogtepunte van die jaar gedeel. Die genadedraad het ver geloop. Ouma Ans se 5 kinders almal op die foto. This was a happy moment.

“I love you Lord, for your mercy never fails me. All my days I’ve been held in your hands. From the moment that I wake up until I lay my head, Oh I will sing of the goodness of God.”

In die vertrek het elkeen gesit met sy eie lief en leed. Stories van die verlede en die hede. Opdraendes en onsekerhede. Onopgeloste situasies en dinge wat seer maak. Tog was die saamkuier en saamlag ‘n teken van God se sorg. Die goue draad wat deur generasies strek.

“I love your voice, You have led me through the fire. In the darkest night you are close like no other. I’ve known you as a Father, I’ve known you as a friend, and I have lived in the goodness of God.”

In ‘n aanhaling lees ek dat familie die skakel is na jou verlede en ‘n brug na die toekoms. Soveel hartseer daar is van geliefdes wat nie meer daar is nie, van siektes en seerkry, soveel vreugde gee die nuwelinge wat met klein treetjies begin loop.

Dink ek aan die ouer mense wat in die kerk staan en sing, besef ek dat ook hulle ‘n storie dra van lief en lied. Dat kersfees vir sommiges alleen is en vir ander net stille herinneringe. Van kinderlaggies wat lankal groot is. ‘n Maat wat dalk nie meer daar is nie.

O die goeie tyding, o die blye tyding is ook vir hulle bedoel, al sukkel vreugde om by hul monde uit te kom. Die krag waarmee dit kom kan nie geblus word nie. Blye hemelkore help ons om te sing. Loof die kind gebore. Juig nou mensdom, prys Hom tot in ewigheid.

Aan die einde van die dag moes ons mekaar groet. Foto’s geneem en in die onthou boksie geplaas. ‘Nooit weer so jonk nie’, is my oom se gevleuelde woorde.

“All my life you have been faithfull. All my life you have been so so good. With every breath that I am able. I will sing of the goodness of God.”

Die goedheid van God word nie gemeet in voorspoed nie, maar in God se voorsienigheid en teenwoordigheid. Hy nooi ons na die stal om opnuut te kom kyk. Joy to the world, the Lord has come.

Mag vreugde weer in ons harte kom nes maak, ten spyte van.

Immanuel God met ons. Kom met krag in die kersfeestyd.

Juig dan almal, jubel oor die saligheid. Waag dit om jou vreugde hierdie jaar by die krip te vind. Nie om daar te bly nie, maar om terug te gaan met nuwe krag. Soos die herders dit kon doen.

“The joy of the Lord is our strength.”

O die goeie tyding, o die blye tyding! Helder klink dit met Kersfeestyd.

Elkeen wil getel word.

Stuur vir my 'n boodskap

Nog stories

Alle stories