Kersfees nooi jou uit om weer te glo.

Daar is baie dinge wat die verhaal inkleur. ‘n Swanger mamma op ‘n donkie, geen plek in die herberg, ‘n baba toegedraai in doeke. Herders en Wyse manne. Tot ‘n Betlehemster.

Die storie van die Kinderbybel, of dalk van die kerskonsert. Miskien selfs die storie voor Covid-19. Toe geloof ‘n bietjie makliker was. Toe werk volop was, daar genoeg kos op die tafel was en jou geliefdes rondom jou.

Mense leef met vrese en kry swaar. Hulle sukkel om ‘n bestaan te maak. Baie is alleen.

Die wêreld sug. Ons wil almal die jaar net verby kry. Nog ‘n Kersfees in vreemde tye.

Xxxxxx

2021…Dieselfde karakters net in ander klere. Mense wat glo, mense wat wil vernietig, eenvoudiges en deftiges. Heersers en ambagsmanne.

Tussen die sprokie, die moderne era en eensame verlange is daar iets wat dieselfde bly. ‘n God wat omgee. Vir hierdie wêreld. Die wêreld van Herodusse in baie gedaantes. Min daarvan het verander.

God kom met ‘n ongewone plan op ‘n ongewone manier met ‘n boodskap wat ons sukkel om te verstaan. Die mense soek ‘n Koning. Hulle verwag Goddelike ingrype wat alles moet regstel. Dit gebeur nie….of dalk tog. Net op ‘n ander manier. ‘n Baba in ‘n krip. Later aan ‘n Kruis.

Ek bring vir julle die goeie tyding…die Verlosser is gebore.

Kersfees in ‘n jaar gestroop van baie dinge. Geboorte in ‘n stal.

Hierdie boodskap is juis vir vandag, Daar is goeie nuus. Geen heerser, geen politieke onstabiliteit of virus kan die boodskap verander nie.

Ons verlosser is gebore. HOOP staan in hoofletters.

Kies vandag om weer te glo.

Elkeen wil getel word.

Stuur vir my 'n boodskap