God is watching us….

Die skemeruur was pragtig. Sagte pienk wolke het die lug opgehelder. Die lied van Bette Midler het in my kop gekom…God is watching us, from a distance….Dis waar. Hy sien die groter prentjie wat ons nie sien nie en sorg vir die heelal, dalk meer as ooit tevore.

Ek lees op die nuusbrief van die YouVersion van die ongelooflike geestelike ontwaking wat tans wereldwyd gebeur. Meer mense het ‘n soeke na hoop en vrede en God se woord. Bybelverse word gedeel en meer mense bid saam. Die Bybel App ervaar die grootste toename in gebruik ooit!

Maar wat van hier? Waar soveel mense swaar kry en in opstand kom? Waar ons daagliks gekonfronteer word met slegte nuus en frustrasies. Mense wat hul werk verloor. Salarisse wat nie betaal nie. Hoe hanteer ons dit? Hoe meer negatiewe nuus, hoe meer het ons nodig om die goeie te soek en te hoor.

Die opdrag kom uit Jesaja: Bemoedig die wie se hande slap hang, help die wie se kniee knik, se vir die wat moed verloor het: “Wees sterk, moenie bang wees nie, julle God is hier!”

Die onbekende vrou was ook soekend. Sy het tussen die skare geloop met n verwagting in haar hart. As sy tog net aan Hom kon raak. Ongemerk. Jesus was oppad na die siek dogtertjie van Jairus. Dit was nie eintlik haar storie nie maar dit raak ook haar verhaal. Jesus sien haar geloof raak. Dieselfde Jesus van “a distance” wys Sy nabyheid. Hy genees die moedelose vrou te midde van ‘n skare mense. Ons God is hier. Hy ken ons harte, selfs sonder woorde.

Soms is geloof al wat ons het om te gee. Dis genoeg.

“Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees.” Romeine 15:13

God is watching us…not only from a distance!

Elkeen wil getel word.

Stuur vir my 'n boodskap

Nog stories

Alle stories