Gebede in ‘n kring
Die gesin het in ‘n kring gaan sit. Dit was tyd om eerlik te wees met die kinders. In die middel was ‘n houer met geld. Dit was al wat hulle gehad het. Die kringetjie het begin bid. Vir werk, vir kos, vir voorsiening. Gebedslysies het gegroei. Klein en groot. Werk het bietjie bietjie ingekom en van die lysies het op die dankie bord beland. Op vreemde maniere en met hulp uit onverwagse oorde het die Here voorsien.
Die fliek, Unsung Hero, wat gebaseer is op ‘n ware verhaal van die Smallbone familie, inspireer my vroeg in die nuwe jaar. Nie net is dit die woorde van die lied, You make everything beautiful, wat my hart tref nie, maar dit moedig my aan om nie net al my kommer vir die Here te gee nie, maar my kinders ook deel van die oplossings te maak. Deur saam te bid.
My eie jaar begin frustrerend. Pas na ek van ‘n kuitspierskeur herstel, val ek hard op my heup in ‘n fratsongeluk. Dit keer my hierdie keer nie net om te hardloop nie, maar ook om te stap. Dan word my foon 2 dae later gesteel…. drie tree terug terwyl ek alles moet stop en weer ‘reset’. Dit voel ‘n bietjie grys by my… Sagte reën val die oggend wanneer die skool begin en sluit aan by my gemoed. Wat hou hierdie jaar vir ons in, wonder ek sag. Terwyl almal slapende aan die gang kom, kies ek worship musiek vir die oggend. 10 000 Reasons se woorde vul die huis en ek voel hoe my kop lig. “The sun comes up, its a new day dawning. It’s time to sing your song again. Whatever my pass and whatever lies before us…let me be singing till the evening comes.” Ek ervaar die krag van worship. Die wolke lig en die son begin skyn. Dag 1 word ‘n goeie dag…
Wat maak ek met my ‘seisoen van rus’, is die vraag waarmee ek worstel. Ek kry my antwoord in ‘n onverwagse gedagte wat my pad kruis. “When fishermen cannot go to sea,they repair nets. When the sea is to rough to sail, the smart ones don’t wait – they get to work. They ment their nets, sharpen their tools, and prepare for the moment the storm breaks. Because even in stillness, there’s progress. It’s not about sitting idle; it’s about building what’s next.”
Soms dwing situasies jou om anders te dink en te beplan. In die fliek word die hele gesin se wêreld omgetuimel. Moet hul diep delf om te oorleef. Tog beleef ‘n mens iets van Romeine 5 se boodskap. Waar hoop gekweek word omdat swaarkry lei tot volharding en volharding tot egtheid van geloof. Uiteindelik lei dít tot Goddelike hoop. Die familie moes aanpas. Leer om by die basics te begin. Gebed word die ruggraat van hul verhaal en ‘n lied word gebore. Die begin van vele…
Grant me serenity to accept things
The things I cannot change
Grant me the courage Lord
to change what I can
Wisdom to know the difference
In my weakness You can shine
In Your strength I can fly
And you make everything, everything beautiful
In its time, in Your time...
Gestroop van die plekke waar ek gewoonlik recharge, my drafpad en paadjie in die berge, word ek gedwing om in my binnekamer tot stilstand te kom. My houer met sorge voor Hom neer te sit en my hart uit te stort. Ek ontdek dat ‘boogie bord’ ‘n plaasvervanger kan wees vir hardloop en dat daardie vreugde-oomblikke saam met my dogter, kosbaarder weeg as die lastigheid van die inbraak in my bus. Ironies genoeg raak die see en my binnekamer soos die net wat my herstel terwyl ek wag vir die einde van die storm. ‘Its not about sitting idle, its about building what’s next.’
‘Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend…’. Filipense 4:6
Dit begin ín jou binnekring…