Dis nag- ‘n gedig

Ek lê in my bed en dink.
Ek hoor die wind en druppels op my dak.
Buite is dit nag,
Die storms woed.
Binne is ek veilig
Dankie Here

Die storms is my land,
Wind en weer soos covid.
Dit vat en neem net waar dit wil.
Dit maak ons moeg, mense is kwaad
En baie leef in vrees.

Ek gaan sit onder my boom,
Soos Jona wil ek sug.
Ek kyk om my rond en wil sommer net vlug.
Waar is U tog Here
Wil ek roep, wil ek dit skree!

Tussen die wind en weer
Onder my sagte kombers
Hoor ek Sy antwoord
Sag maar duidelik:

Tussen die siekes en almal wat sug
Ook hier by jou my kind,
Hier in jou land
Juis hier is Ek.

Ek maak die storms stil,
Ek laat die wind bedaar.
Skep moed
Hou aan om My te soek.

In die nag
Hou ek die wag.
By die siekes en hulle wat sug,
Juis daar sal jy My vind.

Hier in jou land,
By jou My kind.
Híér is Ek,
Ja Ek ís hier
Ek is

Elkeen wil getel word.

Stuur vir my 'n boodskap

Nog stories

Alle stories